Radiodramas | Maroela Media

Radiodramas | Maroela Media


Latest Episodes

[Luister] Episode 10 – Staal Burger en die Kalahari-sandhaaie
November 13, 2017

Koos is op vakansie in die Kalahari en Staal-hulle by die see. Maar die vakansie moet kortgeknip word as Koos tussen die Kalahari-duine deur boewe gevang word.

[Luister] Episode 9: Staal Burger en die duiwel se kantoor
November 06, 2017

ʼn Bang en benoude doedie roep Staal se hulp in om spoke te kom verjaag op Kaapschehoop. Maar Staal glo nie in spoke nie...

[Luister]  Episode 8: Staal Burger en die boeingkapers
October 30, 2017

Uiteindelik kry Staal Burger die kans om te ontspan en te gaan rugby kyk op Nuweland. Maar gaan hy ooit by Nuweland uitkom, want sy boeing word gekaap en gedwing om om terug te draai Durban toe.

[Luister] Vuurvreters: Episode 120
October 27, 2017

Hoe goed of hoe sleg het Mooigesig die storm oorleef? Is daar uiteindelik vrede op Mooigesig? Kom vind uit wat gebeur met Eenheid 39 in die laaste episode van die reeks.

[Luister] Vuurvreters: Episode 119
October 26, 2017

Die ambulans jaag weer eens deur die strate van Pretoria. Wat het van Chris le Roux geword? Wie is die "kingpin" van die dwelmsindikaat?

[Luister] Vuurvreters: Episode 118
October 25, 2017

As daar nou één eenheid in Mooigesig is waar drama hom gereeld ontvou, dan is dit Eenheid 39. Die groot vraag is: Wie gaan die son sien opkom?

[Luister] Vuurvreters: Episode 117
October 24, 2017

Storte en stortdeure bly maar die lewe moeilik maak vir ouma Leonie Verster. Dis of daar skielik ’n vloek oor Mooigesig is, want elke keer as daar goeie nuus is, kom daar ook slegte tyding.

[Luister] Episode 7: Staal Burger en basta die pasta!
October 23, 2017

Staal bemerk onraad toe sy trawante ná onskuldige wegneemetes skielik baie vreemd begin optree. Maar advokaat Gerrie Nel het reeds agter die kap van die byl gekom en roep sy hulp in om die persoonlikheidsveranderings die hok te slaan.

[Luister] Vuurvreters: Episode 116
October 23, 2017

Ouma Leonie is sprakeloos. Sy hoor van ’n moord en ’n amperse moord en sy besef maar alte goed die gevaar is nog lank nie verby nie.

[Luister] Vuurvreters: Episode 115
October 20, 2017

Die verlede se seer duik weer vanoggend oral op. Iemand stort in Septimus Steyn se huis. Eenheid 39 lewer steeds die een na die ander verrassing op.