Radiodramas | Maroela Media

Radiodramas | Maroela Media


Latest Episodes

[Luister] Vuurvreters: Episode 114
October 19, 2017

Aan wie behoort A & J Juweliers? Net wanneer ouma Leonie Verster dink die ergste het haar getref, word sy verkeerd bewys.

[Luister] Vuurvreters: Episode 113
October 18, 2017

Omstandighede kan die lewe in ’n oogwink dramaties verander. En betrokkenes reageer verskillend daarop. Hoekom knaag die skuldgevoel vanoggend skielik so aan ouma Leonie Verster?

[Luister] Vuurvreters: Episode 112
October 17, 2017

Oppas vir emosies, want “emosies steel skerpsinnigheid”, soos direkteur Victor Fransman altyd sê. Hy besef meer as ooit tevore dis wat dringend nodig is: skerpsinnigheid.

[Luister] Episode 6: Staal Burger en die sakkerollers
October 16, 2017

Tydens ʼn welverdiende ruskansie in Nelspruit moet Staal ʼn doedie red van twee nare sakkerollers.

[Luister] Vuurvreters: Episode 111
October 16, 2017

Twee “nuwe agente” maak hulle verskyning: die een met ’n tassie en die ander met ’n babbelas. Hulle analiseer, doen teikenontleding en agtervolg die teiken in groot afwagting.

[Luister] Vuurvreters: Episode 110
October 13, 2017

Drank het meer as een man al sleg laat struikel en dinge laat kwytraak waarvoor daar later nie vergifnis is nie.

[Luister] Vuurvreters: Episode 109
October 12, 2017

Agent Henry Vogel is rasend van bekommernis. Gelukkig is direkteur Victor Fransman nie net altyd daar om sy agterend vol ou skoene te skop nie. Maar dit beteken nie die direkteur is nie in ’n omgekrapte bui nie.

[Luister] Vuurvreters: Episode 108
October 11, 2017

Waar en op wie slaan Tina Truter onverwags toe? Hoor wie help haar. Wie is die man agter Tegno Roux?

[Luister] Vuurvreters: Episode 107
October 10, 2017

Magnoliadal met sy vars lug maak analises gewoonlik makliker. Die vars lug bevorder vars idees en insigte. Maar nie noodwendig op Saterdagaande nie.

[Luister] Episode 5:  Staal Burger en die waterdiewe
October 09, 2017

Dié week moet Staal Burger en Gerrie Nel saamspan om twee glibberige waterdiewe hok te slaan – letterlik.