Eensgesind Klanklêers

Eensgesind Klanklêers


Evered Poole

February 06, 2020

HELDEGeneraal-majoor Evered Poole het die Slag van El Alamein beleef. Hy was ook teenwoordig by Monte Cassino. Hy was soos Suid-Afrika se eie Montgomery. Dit is vreemd dat sy storie nie alombekend is nie.Gebore net na die Anglo-Boereoorlog in 1902 in die distrik Overberg, was Poole deel van ʼn militêre familie. Hy het in sy vader se voetspore gevolg en ʼn loopbaan in die Unie Verdedigingsmag uitgekerf. As gevolg van sy jeugdigheid kon hy nie diens in die Eerste Wêreldoorlog doen nie, maar hy het amper 20 jaar gehad om homself voor te berei vir die uitmergelende Tweede Wêreldoorlog.In daardie oorlog het hy sy pligte as soldaat en bevelvoerder met uitnemendheid uitgevoer. Sy glorieryke sukses en beroemdheid sou tot in 1948 duur. In daardie jaar het sy lewe onherroeplik verander.