Eensgesind Klanklêers
Die politieke eggenoot: Elize Botha
EGGENOTESDie Pretoria News skryf op 13 Augustus 1982 die volgende oor Suid-Afrika se premiersvrou, Elize Botha:“The day [13 Augustus 1982] PW’s wife had the Golden Circle slickers bedazzled. It is not often that the elegant rich of Annabel’s 100 Club leap to their Gucci clad feet for a speaker, but an hour long speech heavily laced with early humour, patriotism and motherliness from the Prime Minister’s wife clearly bowled them over.”Elize Botha (1922-1997) het nie net die elite van Johannesburg betower nie, maar sy en PW was 'n kragtige politieke egpaar wat mense van verskillende agtergronde beïndruk het. Sonder Elize sou PW waarskynlik nie daarin kon slaag om so ʼn roemryke loopbaan in die politiek te bou nie. Elize het nie net in PW se skadu gestaan nie. Sy het langs hom gestaan en was deel van al die hoogtepunte en laagtepunte in sy lewe.Luister gerus saam: