Nuusmakers met Mia Spies

Nuusmakers met Mia Spies


Latest Episodes

Drie urineer-voorvalle by Maties: US se dr. Leslie van Rooi vertel wat fout is en hoe hulle dit aanspreek.
November 04, 2022

Drie afsonderlike urineer-voorvalle by die Universiteit Stellenbosch het die laaste ses maande die nuus gehaal. Al die voorvalle was by manskoshuise en daar was glo baie drank betrokke by elkeen. In die jongste voorval verlede week het ‘n erg besope stude

Brittanje het (wéér) ‘n nuwe premier. Hermann Pretorius vertel vir Mia Spies wat jy moet weet van Rishi Sunak.
October 28, 2022

Teen dié pas gaan die Britse koning Charles III meer eerste ministers as sy ma deurdraf. 15 eerste ministers het onder Koningin Elizabeth II gedien. Koning Charles trek nou al by sy 2de, nadat Liz Truss ná net 45 dae (die kortste termyn in Brittanje se ge

“Daar is groot fout” Só sê aktivis Caroline Peters ná jongste vlaag kindermoorde.
October 21, 2022

Daar was die laaste ruk verskeie voorvalle van kindermoorde in die nuus, maar met ander groot nuus (Zuma se korrupsieverhoor is uitgestel en die Steinhoff-sage) het dit nie die hoofopskrifte gehaal nie. Die grusame moord op Bokgabo Poo (4) van die Gauteng

Hittegolf laat SA’ners sweet: Klimaatwetenskaplike prof. Francois Engelbrecht verduidelik waarom jy só warm kry.
October 14, 2022

Dit was die laaste ruk bloedig warm in groot dele van die land. Ek was vroeër die week in die Laeveld en dit was sonder twyfel die warmste wat ek al ooit in my lewe gekry het. Die kwik het elke dag tot in die veertigs gestyg, en met die land se huidige kr

”Vlaag ontvoerings in SA kommerwekkend.” Só waarsku Kriminoloog prof. Christiaan Bezuidenhout.
October 06, 2022

Die ontvoering van ‘n vrou verlede week in Kaapstad is die jongste van ‘n reeks ontvoerings hier op eie bodem. Die 35-jarige Oekraïense vrou se geel Audi is in Blue Downs tot ‘n stilstand gedwing toe twee karre weerskante van haar stilhou, sy is uit haar

Plett haai-aanvalle eis 2 mense in 3 maande: “Dis iets ongehoord,” Só sê Nico Booyens van Shark Research Unit
September 29, 2022

‘n Naweekwegbreek saam met haar gesin het tragies geëindig vir Kimon Bisogno (39) van Kaapstad. Sy het Sondagoggend by die Sentraalstrand in Plettenbergbaai geswem, glo net heupdiepte, toe sy deur ‘n haai doodgebyt is. Dit is die tweede noodlottige haai-a

Kragkrisis: “Minstens 2 donker jare lê nog voor.” Só waarsku kragkenner Corneels Schabort.
September 22, 2022

Kragfrustrasies onder Suid-Afrikaners kook oor nadat Eskom dié week Fase-6 beurtkrag ingestel het. Daar was selfs praatjies van fase 8 of hoër. Dis duidelik dat daadwerklike ingryping en dringende oplossings nóú nodig is. President Cyril Ramaphosa het sy

SA loop kronkelpad met Britse monargie. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge praat met Mia Spies.
September 16, 2022

Koningin Elizabeth II (96) was tot haar dood verlede week meer as sewe dekades die koningin van die Verenigde Koninkryk, en vir bykans een dekade van haar heerskappy was Suid-Afrikaners self ook onderdane van haar. Dít is een van die groot redes vir die g

Wie is die nuwe Britse premier Liz Truss en hoekom moet ek omgee? Mia Spies vra prof. Jo-Ansie van Wyk.
September 08, 2022

Die nuutverkose Britse premier Liz Truss moet leiding neem te midde van ‘n sukkelende ekonomie, energiekrisis en stygende lewenskoste. Truss het in haar eerste toespraak as premier onderneem om dadelik in te spring en die groot uitdagings wat Brittanje in

Is staatskapers se dae getel? Politieke ontleder Roland Henwood praat met Mia Spies oor die Transnet-arrestasies.
September 02, 2022

Wetstoepassingsagentskappe het hierdie week groot visse inkatrol in verband met staatskaping. Transnet se voormalige hoof Brian Molefe, en voormalige finansiële hoof Anoj Singh is saam met twee ander in hegtenis geneem vir korrupsie en bedrog van meer as