Maroela Media se podsendings

Maroela Media se podsendings


Latest Episodes

[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Voorbereiding – Deel 6
March 27, 2018

“Jy word deur jou lewe verskillende geleenthede gebied, wat jy kan aangryp of verspeel. Die geheim van sukses lê in ons gereedheid en bereidwilligheid om ʼn geleentheid te benut as dit ons kant toe kom.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek,

[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Bestaan God werklik? – Deel 5
March 23, 2018

“Ek het baie vriende wat nie in ʼn God glo nie, en nog vele meer wat ander godsdienstige oortuigings het.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel. 

[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Is alles wat op aarde gebeur God se wil? – Deel 4
March 20, 2018

“Ek het grootgeword in ʼn tyd toe mense as enigiets gebeur het altyd gesê het: ‘Ag wel, dis God se wil.’ Vandag glo ek egter nie dis waar nie. God het ons vryheid van keuse gegee, maar weens ons sondige natuur leef ons ver van sy wil af.

[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Het ek ʼn keuse? – Deel 3
March 16, 2018

“Ek glo dat God aan ons ʼn vrye wil gegee het. Elkeen van ons is uniek geskape, met jou eie verstand, liggaam en siel. Hy het ons die vermoë gegee om ons eie keuses te maak, met of sonder sy leiding. Elke keuse het gevolge waarvoor jy self verantwoordel...

[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Globale identiteitskrisis – Deel 2
March 13, 2018

“Elkeen van ons se gevoel van onsekerheid het ʼn ander oorsprong. Daar is sekere algemene faktore wat hiertoe bydrae, byvoorbeeld nasionaliteit, kulturele agtergrond, ouers, genetika, inkomste en nog meer.” In die episode gesels Frans oor die identiteit...

[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Die keerpunt – Deel 1
March 09, 2018

“Die eerste dag van Junie 2002 was ’n keerpunt in my lewe; dié dag het ’n ommekeer nie nét vir my nie maar ook vir ons hele familie gebring.” in die program gee Frans die agtergrond van hoe hy begin het om sy lewensdoel te begin uitleef. 

[Luister] Episode 20: Staal Burger en die kok van Cookhouse
February 19, 2018

Nog een van Staal Burger se vele talente is dat hy ʼn bobaaskok is. Hy het ʼn diploma wat hy in een van die top-sjef-akademies in Switserland verwerf het – destyds, toe Gordon Ramsey een van sy klasmaats was.

[Luister] Episode 19: Staal Burger en die kom-met-die-buste
February 12, 2018

Staal Burger moet twee gomtorre (wat boonop met torre boer) keer dat hulle nie ʼn tussenverkiesing met hulle torre in die wiele kan ry nie.

Video: Agter die skerms by ‘Los asseblief ʼn boodskap’
February 06, 2018

Maroela Media het agter die skerms gaan kuier by die toneelstuk ‘Los asseblief ʼn boodskap’ om te kyk hoe Simoné Nortmann in die skoene van die platsak popster Nina van Zyl klim. Kyk hier:

[Luister] Episode 18: Staal Burger en die clan van Clanwilliam
February 05, 2018

Staal Burger moet Gerrie Nel bystaan teen twee boewe wat die hele rooibosteebedryf in die Clanwilliam-omgewing bedreig. Om die waarheid te sê, ons rooibosteebedryf is dalk op die koffie….