Gevaaalik.com Podcast

Gevaaalik.com Podcast


Backroads Less Travelled Part 3

July 08, 2015

Dag drie van ons Backroads Less Travelled trippy het ons uit Sodwana geskuif. Ons het vir die laaste keer die Stoute Boudjies gesien op die muur by die cafe in Sodwana voor dat ons die sowat 80km aangepak het na Kosibaai.

Kosibaai is verseker een van die mees afgeleë plekke wat ek en Sven al ooit was. Verseker ook een van die mooiste. Niks is so asemrowend soon die natuur nie. Al is daardie mooi die natuurlike mooi van 'n gevaaalike dame, is daar net 'n baie ander gevoel wat jy kry van die mooi van die natuur.

Ons het Utshwayelo Lodge gekies as die plek vir ons om te bly, aangesien dit die naaste is aan Kosi-mond waar die lakes mond in die see in. By die lodge werk alles op solar power, so geen aircon in ons kamer hier nie. Maar die verblyf is awesome gewees en ook heel bekostigbaar.

Ons kamer het 'n onsuite badkamer gehad met 'n ooplug stort. As jy 'n kombuis benodig is daar 'n gesamentlike kombuis wat enige persoon wat by die lodge bly kan gebruik. Net buite ons kamer was 'n lekker tafel en braai, weg van almal anders af. Ons timing was goed met die trippy en daar was basies niemand anders in die lodge nie, behalwe so 4 buitelanders.

Ons het ons goed in ons kamer afgelaai en af geskiet na die mond toe. Ons was stom geslaan toe ons die mond die eerste keer sien en het dadelik die lekker warm en vlak waters in gevaar. Nie lank na dit nie het ons besef die getui was besig om in te kom en dat ons eerder ons pad terug moet maak na die land toe. Jy sal maklik genoeg kon dryf op die sterk stroom wat oppad was na die binneland toe, maar as jy dryf tot in die lakes gaan jy moet begin stoei met seekoeie en krokedille. Nee dankie.

Hier is ons dag 3 podcast van Backroads Less Travelled uit Kosibaai. Ons podcast studio vir die een was by ver die coolste en jy kan 'n foto van ons sien wat die podcast record net hier onder. Lekker gemaklik by die tafel langs ons braai, net buite ons kamer. Fokken hemel op aarde.