Gevaaalik.com Podcast

Gevaaalik.com Podcast


gevaaalik.com Podcast #48 – Spoiler Alert

June 22, 2015

Die week begin ons die podcast met rofstoei en WWE praatjies, van daar af begin ons praat oor flieks en TV reekse. Moet dus nie luister as jy nie spoilers wil hoor nie. Ons praat wel nie oor Game of Thrones nie, maar wel House of Cards en Exodus die fliek. Skip maar so paar minute voorentoe as jy dit nie wil hoor nie.

Dan moet ek oor omverskoning vra vir my hond wat mens kan hoor in die agtergrond. Hy het blykbaar dors en honger geword net toe ek begin record. Gelukkig is die week se intro nie eers 3 minute lank nie.

Soos altyd is alles in die gevaaalik.com podcast opgemaakte vermaak vir ons lesers/luisteraars se vermaak. Moet niks ernstig opneem nie, veral nie as dit klink soos 'n storie van iemand wat jy ken of al van gehoor het nie.

Geniet die week se gevaaalik.com Podcast.