Gevaaalik.com Podcast

Gevaaalik.com Podcast


gevaaalik.com Podcast #39 Solo Edition

March 18, 2015

Right, ek weet nie of die ooit weer gaan gebeur nie. Ons vat 'n kans en soos gewoonlik met alles van gevaaalik.com gee ons julle die kans om te sê reg of weg. In die geval is dit die eerste gevaaalik.com podcast wat ek solo is. Ja, ek praat vir so 34 minute met myself. Of eintlik met julle wat luister na die podcast. Gaan die solo podcast 'n gereëlde ding word? Ek twyvel, dit is fokken moeilik om met jouself te praat vir so lank. 'n 5-10 minuut intro vir 'n podcast is een ding, 'n hele podcast op my eie is moeilik.



Op die ou einde van die dag wil ons probeer om vir julle weekliks 'n gevaaalik.com podcast te bring. Soos julle weet is gevaaalik.com nog nie ons full time jobs nie, en dus is dit nie altyd so maklik om 'n podcast te doen nie. Veral nie as dit moet ingepas word in ten minste twee mense se skedule ingepas moet word nie. Sodra ons gevaaalik.com voltyds doen, sal ons 'n dedicated studio vir recording en 'n tyd vir die podcast hê. Kom ons hou vingers gekruis dat dit vinnig gebeur. Dit sal gevaaalik.com meer befok maak vir julle.



As jy wil help om gevaaalik.com meer befok te maak, gaan na die post en click daar die links in die post. Of deel 'n gevaaalik.com post met jou vriende op Twitter of Facebook. Of laat weet ons wat jy dink van die podcast. Ons oorweeg ook 'n skuif na Soundcloud. Weereens, hang van julle af.


Enjoy.


loaded