Eensgesind Klanklêers

Eensgesind Klanklêers


Jonker Afrikaner

May 21, 2020

HELDEOnderkaptein, militêre aanvoerder, bendeleier, diplomaat, bloedvergieter - dis hoe Jan Jonker Afrikaner (1798-1861) beskryf word. In Windhoek en later Okahandja, was Afrikaner beslis die sterkste militêre en politieke magsfiguur in Namibië tussen die 1840's en1850's, net voordat die Duitse Ryk die streek gekoloniseer het.Daar is nogtans sprake dat Jonker Afrikaner verantwoordelik was vir grootskaalse moord op die Herero’s. Maar daar is ook gevalle waar hy barmhartigheid teenoor die Booi-gemeenskap betoon het. Hoe kan 'n mens Jonker Afrikaner probeer verstaan? Hoe besonders is sy historiese nalatenskap vir die land Namibië? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.